Bok Van Blerk
Bok Van Blerk & Modder En Bloed (Rolprent) - Bok Van Blerk - Modder En Bloed lyrics
Your rating:
Ek staan verlate langs geraamtes Gebeende vingers wys na my Hier tussen stof en roet en haat Staan net die duiwel langs my sy Alles is weg, ek het alles verloor In die grond bloei die mensdom se dade Vir dit wat lê hier onder ons aarde Word in die naam van oorlog gemoor En my hart en my siel is vertrap in daai modder en bloed Staan nou op, staan nou saam voor jou volk en jou land hier vergaan Lig jouself soos een man uit die stof en die sand, draai jouself terug na God, vind jou siel en jou moed in daai modder en bloed in daai modder en bloed Nou staan ek hier Gesak op my knieë En ek weet wat ek Hom nou moet vra Wees die vuur en die staal in ons lywe Om die vyand se haat te verslaan En my hart en my siel is vertrap in daai modder en bloed Staan nou op, staan nou saam voor jou volk en jou land hier vergaan Lig jouself soos een man uit die stof en die sand draai jouself terug na God vind jou siel en jou moed in daai modder en bloed in daai modder en bloed Net die duiwel sterk sy dade Vir 'n moordenaar se haat Want net 'n goddelose aarde Vermoor sy kinders in die aand En my hart en my siel is vertrap in daai modder en bloed Staan nou op, staan nou saam voor jou volk en jou land hier vergaan Lig jouself soos een man uit die stof en die sand, draai jouself terug na God, vind jou siel en jou moed in daai modder en bloed in daai modder en bloed