Ashton Nyte

Ashton Nyte - Herhaal lyrics

Your rating:

Ek het jou gehoor
Toe jy by my venster staan
En die nag haar towerkuns begin het

Ek het jou gehoor
Toe die wêreld asem haal
En die sterre losbandig gedans het

Ek het jou gesien
Toe jou woorde my omhels
En my die moed gegee het om te luister

En ek het jou leer ken
Soos ek gedigte eers leer ken
En eindelik sien hoe my lot nou glinster

Die woorde ‘s ongenoegsaam
Al my woorde ‘s ongenoegsaam
Jy’s die melodie wat ek nogsteeds herhaal
En herhaal

Ek het jou gehoor
Toe die wind die reën verwar
En alles lê verkwik en vonkel

En ek het jou gevoel
Toe die oggend warm word
En die wêreld rek haar arms na die hemel

As ek jou herhaal
As ek jou herhaal
As ek nou jou herhaal
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Ashton Nyte

Details:

Released in: 2014

Language: Afrikaans

Appearing on: Moederland (2014)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found