Appel
Appel - Susanna lyrics
Your rating:
[Intro] [Verse 1] Jannaman hoop dat Jannaman kan, kan ‘n man soos Janna kan, Kaalvoet oor die berg se rug om Susanna se hand te vra, Jannaman hoop dat Susanna ook kook soos ou Jannaman se ma, Want ‘n kraan kan drip maar hy kannie drip soos ‘n vrou wat heeldag kla. [Verse 2] Susanna hoop dat Jannaman ook met sy lippe haar bekoor, Want ‘n man wat kan soos ou Jannaman het geraamtes in sy stoor, Susanna soek ‘n man wat hard kan boer met sy hart en met sy kop, Want ‘n boer met ‘n roer wat hard kan moer is ‘n boer na wie sy soek. [Chorus] Susanna sê sy sal sewe sakke sout sleep maar sewe sakke sout sleep swaar, As ou Jannaman dan self kom saam sleep dan weet ons die liefde is waar, Jannaman sal sewe sakke sout sleep want sewe sakke sout sleep swaar, Maar een en een hy maak mos twee en saam sal ons ligter dra. [Post-Chorus] Al'aar langs die riviere, Al'aar langs die berge, Ala, ala mapstieks, Die liefde is toe waar. [Verse 3] Susanna van die plaas loop alleen nes Susanna alleen kan loop, Jannaman van die dorp het ‘n plan om Susanna se lied te hoor, En kerse langs die Krokodilrivier met ‘n self gebroude bier, By die opsit kers gooi ou Jannaman kole uit sy hart se vuur. [Chorus] Susanna sê sy sal sewe sakke sout sleep maar sewe sakke sout sleep swaar, As ou Jannaman dan self kom saam sleep dan weet ons die liefde is waar, Jannaman sal sewe sakke sout sleep want sewe sakke sout sleep swaar, Maar een en een hy maak mos twee en saam sal ons ligter dra. [Post-Chorus] Al'aar langs die riviere, Al'aar langs die berge, Ala, ala mapstieks, Die liefde is toe waar. [Interlude 1] En die Kaap se nooi sê ting-e-ling-e-ling, Ting-e-ling-e-ling hoera, En die Kaap se nooi sê ting-e-ling-e-ling, Ting-e-ling-e-ling my bra. [Interlude 2] Hoe ry die boere sit-sit-so, sit-sit-so, sit-sit-so, Hoe ry die boere sit-sit-so, sit-sit-so hoera, Hoe ry die boere sit-sit-so, sit-sit-so, sit-sit-so, Hoe ry die boere sit-sit-so, sit-sit-so hoera. [Chorus] Susanna sê sy sal sewe sakke sout sleep maar sewe sakke sout sleep swaar, As ou Jannaman dan self kom saam sleep dan weet ons die liefde is waar, Jannaman sal sewe sakke sout sleep want sewe sakke sout sleep swaar, Maar een en een hy maak mos twee en saam sal ons ligter dra. [Post-Chorus] Al'aar langs die riviere, Al'aar langs die berge, Ala, ala mapstieks, Die liefde is toe waar. [Outro] Al'aar langs die riviere, Al'aar langs die berge, Ala, ala mapstieks, Die liefde is toe waar.