Appel
Appel - Hardwerkende Man lyrics
Your rating:
[Intro] [Verse 1] My oupa was ‘n man daar van Pretoria wes, By Yskor gewerk het hy het sy staal geken, In sy DKW geklim ja dou voor dag, Geglo in ledigheid’s die kussing waar die duiwel was, Sy vuiste was gebal ja hy het geboks, Hy was so lief vir die leer bal en lief vir die trots, Hy’t sy beste gegee om sy beste te wees, Maar soms was die monsters net te veel, Die monsters wat soms ‘n huis verdeel. [Chorus] Hy sê ‘n man wat werk met sy hande, Sal nooit te swaar trek nie, ‘n Gods vreesende van genade ken nie sy einde nie, ‘n Hardwerkende man, ‘n hardwerkende man, Wat sy Here ken, by sy beginsels staan, Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man. [Verse 2] My oupa was ‘n man daar van Pretoria wes, By spoorwee gewerk sy gereedskap geken, In sy Cressida geklim van vroeg tot laat, So baie om sy hark maar hy mag nie kla. [Chorus] Hy sê ‘n man wat werk met sy hande, Sal nooit te swaar trek nie, ‘n Gods vreesende van genade ken nie sy einde nie, ‘n Hardwerkende man, ‘n hardwerkende man, Wat sy Here ken, by sy beginsels staan, Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man. [Verse 3] Eendag sal hy eendag met die perde wen, ‘n stukkie grond kan koop en weer vrede he, Hy was ‘n weeskind gewees hy sou sy alles gee, Om my pa en sy broer met die liefde te steun, Om my pa en sy broer met die liefde te steun. [Outro] Hy sê ‘n man wat werk met sy hande, Sal nooit te swaar trek nie, ‘n Gods vreesende van genade ken nie sy einde nie, ‘n Hardwerkende man, ‘n hardwerkende man, Wat sy Here ken, by sy beginsels staan, Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man, Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man, Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man.