Appel
Appel - Dina lyrics
Your rating:
Ons het saam geboer Moer koffie geroer Sy was die ekstra lepel suiker Die bitter in my soet Donkie kar gery Duskant Loeriesfontein As sy sing kry ek die ritme tot ons lekkerkry En Dina, Dina, Dina Die nag raak koud Jy't my warm gehou met jou binneboud Ek was weerloos geterg langs die Hantamberg Soos jy dans met jou bontrok en jou oë so stout O waar is my Dina, my Dina, my Dina O waar is daai Dina, daai Dina van my O waar is my Dina, my Dina, my Dina O waar is daai Dina, daai Dina van my Sy het tok tokkie gespeel met my hart se deur Daar was 'n gaatjie in die venster en sy loer daardeur O Dina jy, ek sou nooit beter kry Toe ek weer sien, sien ek stoftrek deurrie die plaas se hek En Dina, Dina, Dina Die nag raak koud Jy't my warm gehou met jou binneboud Ek was weerloos geterg langs die Hantamberg Soos jy dans met jou bontrok met jou oë so stout O waar is my Dina, my Dina. my Dina O waar is daai Dina, daai Dina van my O waar is my Dina, my Dina, my Dina O waar is daai Dina, daai Dina van my Ek het gedog jy's weg na groener plek Dit is droog hier in die Noord Kaap, dit is harde werk Toe ek my kop oplig sien ek hoe kom sy terug Met die wolke op haar skouers Sy het reën gebring En Dina, Dina, Dina Die nag raak koud Jy't my warm gehou met jou binneboud Ek was weerloos geterg langs die Hantamberg Soos jy dans met jou bontrok met jou oë so stout O hier is my Dina, my Dina, my Dina O hier is my Dina, sy's terug by my O hier is my Dina, my Dina, my Dina O hier is my Dina, sy's terug by my O hier is my Dina, my Dina, my Dina O hier is my Dina, sy's terug by my O hier is my Dina, my Dina, my Dina O hier is my Dina, sy's terug by my