Appel
Appel - Boer Is 'n Bok lyrics
Your rating:
[Intro] [Verse 1] Ou Ricky is gebore daar in Rustenburg, Tussen boere en myners het hy vure geblus, Die pompie gekap tot almal dans, Tot die hele dorp drink uit een glas. [Verse 2] Apie is ′n man van Brits, North West, Op die Thabazimbi pad, skrop hy nes, By Beestekraal stasie hoor hy praat, Hoe die boere vanaand dorp toe gaan. [Chorus] Want, 'n boer is ′n bok, en 'n bok is 'n bliksem, Daar waar dit rof is, sal hy kop eerste inspring, Taaier as ′n ratel, eet net pap en vleis, Kake so sterk, kan deur ′n dropper byt. As die liggies die boere na die dorp toe roep, Dan kom die nonnas uit vir huisbesoek, Dit lyk soos iets uit 'n cowboy fliek, "Apie, hou my dop, "check" hierrie trick". [Interlude] [Verse 3] Op die myn het hy gedraf, tot die byle huil, Sy "toolkas" was gepak, en sy hanne vuil, In die pubs het hy gesing tot die "graveyard shift", Sy Poegie was gesteel, so hy vang maar "lift". [Verse 4] Die karpe het geloop langs die rivier, Mampoer het hy gestook, want wyn was duur, Hy maak sy broek met ′n geelslang vas, Pak alles wat hy het in 'n ou skooltas. [Chorus] Want, 'n boer is ′n bok, en 'n bok is 'n bliksem, Daar waar dit rof is, sal hy kop eerste inspring, Taaier as ′n ratel, eet net pap en vleis, Kake so sterk, kan deur ′n dropper byt. As die liggies die boere na die dorp toe roep, Dan kom die nonnas uit vir huisbesoek, Dit lyk soos iets uit 'n cowboy fliek, "Apie, hou my dop, "check" hierrie trick". [Interlude] [Chorus] Want, 'n boer is ′n bok, en 'n bok is 'n bliksem, Daar waar dit rof is, sal hy kop eerste inspring, Taaier as ′n ratel, eet net pap en vleis, Kake so sterk, kan deur ′n dropper byt. As die liggies die boere na die dorp toe roep, Dan kom die nonnas uit vir huisbesoek, Dit lyk soos iets uit 'n cowboy fliek, "Apie, hou my dop, "check" hierrie trick". [Interlude] [Outro] G G C G Want, 'n boer is ′n bok, en ′n bok is 'n bliksem.