Andriëtte Norman

Andriëtte Norman - Swart sambrele lyrics

Your rating:

Ek en jy, jy praat nie meer oor ons nie,
daar is skaduwees waar ek jou hart kon kry
Hier en nou, jy praat nie oor vandag nie,
daar is vensters vol beloftes wat hier bly
Ek soek jou ware liefde, maar die liefdesreën betoog
en die lande van ons liefde bly droog
 
As liefde reën was en jy geweet het dat net ek die een was
Dan sou jy geweet het dat die reën ook net vir ons geleen was
So hou my vas, ek weet jy wil, dalk wonder jy te veel
Die swart sambrele van jou twyfel het die reën by ons gesteel

Wag vir my, die son is nie genoeg nie,
sonder spore kan ek nie jou liefde vind
Gee vir my die woorde in jou drome
waarin elke droom met net my naam begin

Ek soek jou ware liefde, maar die liefdesreën betoog
en die lande van ons liefde bly droog

As liefde reën was en jy geweet het dat net ek die een was
Dan sou jy geweet het dat die reën ook net vir ons geleen was
So hou my vas, ek weet jy wil, dalk wonder jy te veel
Die swart sambrele van jou twyfel het die reën by ons gesteel

Al die water in die hemel
sal vir ewig in my reën
en hier staan ek alleen

As liefde reën was en jy geweet het dat net ek die een was
Dan sou jy geweet het dat die reën ook net vir ons geleen was
So hou my vas, ek weet jy wil, dalk wonder jy te veel
Die swart sambrele van jou liefde het die reën by ons gesteel

Die swart sambrele van jou liefde het die reën by ons gesteel
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Vat 5 Musiek

Details:

Released in: 2011

Language: Afrikaans

Appearing on: Vat my hoër (2011)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found