Amanda Strydom

Amanda Strydom - Silwer Somer lyrics

Your rating:

Word wakker m'n beminde word wakker
Die lig lek stadig aan ons bed, word wakker
die duiwe en die mossies sing n loflied vir die dag
word wakker, ek wil saam met jou die sonsopkoms
inwag

Maak oop jou oë beminde, maak jou oë oop en kyk
hoe die kristalsee in die môrestond se eerste strale pryk
die branders en die meeue roep ons lankal aan,
staan op
maak oop jou oë beminde, dis n nuwe dag wat klop

Koor:
Hierdie silwer somer sal vir altyd by my bly
die gladde blink dolfyne en die see
die duine, die skulpe, die skuite en die son
en jy en jy en jy

Hoe mooi is jy beminde as jy lui jou oë oopmaak
en jou kop lig van die kussings en saggies aan my raak
en dan skielik soos n kind op n krismisoggend lag
en sê kyk hoe blink die bloudam,
kom ons pluk die dag

Ons galop soos wilde perde teen die duin af na die see
ek duik deur fris klein branders wat die eerste deinings gee
en dan vang ons die grotes en ons ry hul na die strand
waar ons uitspoel in die witskuim tot ons oë begin brand

koor

Soos speel ons in die water tot die honger begin knaag
dan klim ons weer die duin op waar ons huisie vir ons wag
terwyl my liefste vuurmaak dans ek tango's deur die huis
op die liedjies uit die radio langs die kas in die kombuis
op die liedjies uit die radio langs die kas in die kombuis

koor
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Amanda Strydom

Composer: Amanda Strydom, Juan Oosthuizen

Publisher: Music & Words

Details:

Released in: 2005

Language: Afrikaans

Appearing on: Verspreide Donderbuie / Scattered Thunder (2003)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found