Amanda Strydom

Amanda Strydom - Hoe ek voel lyrics

Your rating:

As ek jou net kon vertel
as ek jou net kon laat sien
sou ek `n skilder opdrag gee
om `n prent vir jou te maak
en as hy eindelik klaarmaak
as hy sy meesterstuk voltooi
sou jy weet, jy sou weet
as jy teen die tyd nog vergeet
hoe ek voel, hoe ek voel oor jou

As ek jou net kon laat sien
as ek jou net kon laat lees
sou ek `n faksmasjien gaan huur
en gedigte vir jou stuur
en as jy anderkant dit kry
as jy dit uithaal en jy kyk
sou jy weet, jy sou weet
as jy teen die tyd nog vergeet
hoe ek voel, hoe ek voel oor jou

As ek jou net kon laat lees
as ek jou net kon laat hoor
sou ek `n koor na jou toe stuur
`n serenade in die laatnaguur
en as jy wakker word een aand
en jou vensters staan wyd oop
sou jy weet, jy sou weet
as jy teen die tyd nog vergeet
hoe ek voel, hoe ek voel oor jou

Jy sou weet 
Jy sou dit weet
Jy sou dit weet
Jy sou weet

As jy teen die tyd nog vergeet
hoe ek voel, hoe ek voel oor jou
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Music & Words

Details:

Released in: 2007

Language: Afrikaans

Cover from: Johannes Kerkorrel - Hoe ek voel (1992)

Translations: Dutch

Appearing on: Verspreide Donderbuie / Scattered Thunder (2003)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found