Vandiét
Vandiét - Vergewe lyrics
Your rating:
Soveel jare lê verlange opgesluit om te vergewe, maar wie kan alles net vergeet? Herhinneringe dwaal verlore, uit die stof weer opgegrawe, want wie kan alles net vergeet? Al weer die seer, ’n houvas Keer op keer het dit beheer Oor ’n hart wat weer wil vry wees en alles wil vergeet Oor die gees wat opstaan, maar die vlees val weer en weer Oor die lig wat deur die krake in ’n donker kamer heers Oor die siel wat dans en soek ’n kans van weer probeer Herhaalde woorde, seer verhale, dra geen vrug uit die verlede, want wie kan alles net vergeet? Alweer die seer, ’n houvas Keer op keer het dit beheer Oor ’n hart wat weer wil vry wees en alles wil vergeet Oor die gees wat opstaan, maar die vlees val weer en weer Oor die lig wat deur die krake in ’n donker kamer heers Oor die siel wat dans en soek ’n kans van weer probeer Verberg die seer en lewe, dit hou geen rede, net beheer, keer op keer Oor ’n hart wat weer wil vry wees en alles wil vergeet Oor die gees wat opstaan, maar die vlees val weer en weer Oor die lig wat deur die krake in ’n donker kamer heers Oor die siel wat dans en soek ’n kans van weer probeer Die hart wat weer wil vry wees en alles wil vergeet Die gees wil opstaan en weer probeer, weer probeer Laat die lig die donker kamers van jou duister hart oorheers Die siel soek weer ’n kans om te dans, om te leef