Valiant Swart
Valiant Swart - Jakarandastrate lyrics
Your rating:
Jakarandastrate roep my vanaand Ek luister na die liedjie op die wind, en ek volg my hart waar hy gaan Ja, ek volg my hart waar hy gaan Jare gelede, vaar ek na die vreemde Met drome wat sweef op die wind My hart se begeerte, om lewensgeheime in onbekende stede te vind My voetspore kruis, kontinente en eilande, nêrens kon grense my bind Deur kronkelende strate, oor silwer promenades soek ek na die reënboog se punt Jakarandastrate roep my vanaand Ek luister na die liedjie op die wind, en ek volg my hart waar hy gaan Ja, ek volg my hart waar hy gaan Te lank het ek gewandel, langs wild vreemde paaie, te ver het ek gesoek na die kruis Die spore na geluk, loop in sirkels en draaie en lei my weer terug na die huis Jakarandastrate roep my vanaand Ek luister na die liedjie op die wind, en ek volg my hart waar hy gaan Ja, ek volg my hart waar hy gaan Jakarandastrate roep my vanaand Ek luister na die liedjie op die wind, en ek volg my hart waar hy gaan Ja, ek volg my hart waar hy gaan Jakarandastrate roep my vanaand Ek luister na die liedjie op die wind, en ek volg my hart waar hy gaan Ja, ek volg my hart waar hy gaan Jakarandastrate Jakarandastrate Jakarandastrate Jakarandastrate Ja, Jakarandastrate roep my Jakarandastrate Ja, Jakarandastrate roep my Jakarandastrate