Theuns Jordaan
Theuns Jordaan - Visserman lyrics
Your rating:
Staan daar met jou siel in die diep blou see Die golwe se geroep trek jou in en voer jou mee Ek wonder wie jy is, ek wonder wat jy sien? Ek wonder of dit rustig is in jou mens masjien? Die winde is koud en die lig is grys Maar dit is jou wêreld en daar word jy wys Die dag is verby skuins voor sewe Jy rol die lyne op elke dag van jou lewe Het jy verloor of het jy gewen? Soek jy 'n kans om my wêreld te ken? My wêreld het son, jou wêreld het reën Jou wêreld het rots en myne net steen Ek sit hier met siel langs die water By kerse en klanke wêreld se alma mater Ek wonder wie jy is en ek wonder hoe jy lyk? Ek wonder hoe dit voel om in jou bloues te kyk? Hier binne is dit snoesig die ruite mooi skoon Maar is dit my plek, my gekose droom? Oorkant die tafel 'n leë stoel Maar jammer my larney nie vir jou bedoel Het jy verloor of het jy gewen? Soek jy 'n kans om my wêreld te ken? My wêreld het son, jou wêreld het reën Jou wêreld het rots en myne net steen Ja myne net steen Het jy gewens dat jy binne kon wees? Wil jy kerse sien, spyskaarte lees? Sou dit ooit werk as ons plekke kon ruil? Sou jy binne lag en ek buite huil? Ek weet jy's uit jou plek hulle hou jou vir die gek Ek weet my hart is buite aan jou kant van die ruite Ek en jy leef in twee wêrelde In myne die son en in joune die reën Maar ek is niks minder as jy alleen En ek is niks meer as jy geseën