Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Swerwers lyrics

Your rating:
Jy wat jou op die wysheid roem
Wie sou jy die swerwer noem:
Die een wat sonder afskeid ry
Of sy wat eensaam agter bly?
Of wie?

Wie sou die ware swerwer wees
Die een wat reis, die een wat lees
Die enk'ling op sy slentergang
Of elkeen wat na iets verlang
Of wie?

Wie sou die ware swerwer wees:
Die een te voet, die een in gees
Die een wat deur die ver land stryk
Of hy wat deur die rookmis kyk?
Of wie?

Jy wat jou op die wysheid roem
Wie sou jy die swerwer noem:
Die een met tas en reisbiljet
Of elkeen wat nog drome het?
Of wie?
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Koos du Plessis

Composer: ?

Publisher: Theuns Jordaan Production

Details:

Released in: 2008

Language: Afrikaans

Appearing on: Kouevuur - Die musiek van Koos du Plessis (2008)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found