Theuns Jordaan
Theuns Jordaan - Jantjie Van Die Berge lyrics
Your rating:
Lank gelede, by die kloof, aan die Magaliesberg se hang Toe die wat dit vertel nog kinders was Het ‘n siel geswerf wat kind was, maar op sy manier ‘n man Gebore om die berge op te pas En as die donkerwolke saamsweer teen die kranse by die kloof En die dag word soos ‘n sterrelose nag En die dreuning van die donder elke ander klank verdoof Het almal op sy vreugedslied gewag A hoe hoe A hoe hoe Want die kranse was sy mure en die hemel was sy dak En sy vriende was die donder en die reen En wanneer hy klippe berg af rol en doringboompies knak Was hy , die berg, die storm, alles één En die bliksems skeur die hemel en die wind se wolwehuil Nooi die berg se stroefste bome vir die dans En mens en dier wat vreesbevange teen die storm skuil, Hoor sy lied weerklink van krans tot krans A Hoe hoe A hoe hoe Lank gelede, by die Kloof, aan die Magaliesberg se hang, Na nagte teen die kranse in die reen Het ‘n siel gesterf wat kind was, maar op sy manier n man En daarna was die berge weer alleen Tog die mense die vertel my as jy op n stormnag Sy spoor vat teen die krans uit en daar skuil Hoor jy soms iemand iewers bo die donderslae lag En somtyds, weer, dan joor jy iemand huil A hoe hoe A hoe - hoe