Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr - Amper lyrics

Your rating:
As jy eendag miskien
In 'n droom oor ons weer sien
Hoe ver 'n mens kan travel op 'n mieliedors masjien
By die beeskraal en sy kallers,
By die hooimied jou te vra
Is ek amper in jou drome
Want jy's rêrig in my hart
Is ek amper in jou drome
Want jy's rêrig in my hart

As jy eendag miskien
in 'n droom oor ons weer sien
hoe ver 'n girl kan travel
met 'n skaam elektrisieën

Ek sou lig maak op jou paaie
En 'n kers wees vir jou kaart

Was jy amper in my drome
Maar rêrig in my hart
Was jy amper in my drome,
Maar rêrig in my hart

As jy eendag my vra
Hoe't ek my van my lewe gedra
Toe jy my kom vertel het
Van 'n beter man se plaas

Sou ek jou sê jy't als gemis
Toe ek my rug wegdraai
Daar was trane in my oë
Omtrent 'n liter en 'n kwart

Ek was amper in jou drome
Jy was rêrig in my hart

Daar was trane in my oë
Omtrent 'n liter en 'n kwart

Ek was amper in jou drome
Jy was rêrig in my hart.
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Steve Hofmeyr

Composer: Steve Hofmeyr

Publisher: EMI Music South Africa (Pty) Ltd

Details:

Released in: 2007

Language: Afrikaans

Covered by: Illana May

Appearing on: Toeka , Grootste Platinum Treffers

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found