Stef Bos

Stef Bos - Swartvrou lyrics

Your rating:
Sy’s ‘n swart vrou van die Ooskaap
Wat getrek het na die stad
Lank gelede ver van huis
En die lewe was soms hard
Twee kinders met ‘n man
Wat haar gelos het en verdwyn
Maar sy het nooit ophou sing
Al het sy swaar gekry
 
Izaninonke Sikulele
Sikule ingomenemandi
 
Ek is ‘n witman van die noorde
Ek het gereis na hierdie land
Ek het my toekoms hier gevind 
En ‘n hawe vir my hart
En ‘n horison van woorde
En ‘n wêreld vol musiek
En ‘n swartvrou uit die Ooskaap
Wat my geleer het om te sing
 
Izaninonke Sikulele
Sikule ingomenemandi
 
Die wêreld is mal
En die vrede is ver
Maar daar is altyd nog iets
Waarvoor ons kan veg
Want die liefde is daar
En ons is nog hier
En ons het deur die tyd
Die gevolge gesien
Van die angs vir die ander
Die wit en die swart
Maar al wat hier saak maak
Is die kleur van die hart
En ek weet daar‘s geweld
En die haat maak ons blind
Maar ek glo in die swartvrou
Wat my het leer sing
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: stef bos

Composer: stef bos

Publisher: Coast Company

Details:

Released in: 2015

Language: Afrikaans

Appearing on: Kaalvoet (2015)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found