Riana Nel

Riana Nel - Selfde Bed lyrics

Your rating:
Is daar ’n rede goed genoeg om jou net hier te los
As ek die wêreld sou verower sou dit ons alles kos
En is die Rand en Sent die moeite werd vir jou soene deur die bos
Nee, ek weet nie meer
Nee, ek weet nie meer

En ek sien hoe al die jare tussen ons kom lê
’n Bietjie meer in die bank maar wat het ons belê
As die verlange wat ek voel vanaand my nie terug na jou toe dwing
Weet ek nie meer
Nee, ek weet nie meer

Want ek sien nou jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hierdeur lei
En al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou, ek bly lief vir jou

Het die tyd ons uit gewoonte nou verby gesteek
En nou sit ons op ons eie weer opgeskeep
Maar daar’s reëls en regulasies waar jy is vanaand
En ek weet nie meer
Nee, ek weet nie meer

Jy vergeet die woorde wat gesê is tussen ons
Ek probeer jou te herinner maar dit is tyd gemors
En die ouderdom het jou kom haal maar dis beter waar jy is
En ek sal onthou, ja ek sal onthou

Want ek sien al jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hierdeur lei
En al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou, ek bly lief vir jou

Want ek sien al jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hierdeur lei
En al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou, ek bly lief vir jou

As jy in die lewe voor ’n keuse staan: Volg jou hart!
Want dis die dinge van die wêreld wat wil harder praat
As jy weer in jou lewe voor ’n keuse staan: Volg jou hart!
Gee die liefde weer ’n rede

Want ek sien al jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hierdeur lei
En al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou, ek bly lief vir jou

Ek sien al jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hierdeur lei
En al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou, ek bly lief vir jou

Net lief vir jou
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Coleske Artists

Details:

Released in: 2016

Language: Afrikaans

Appearing on: Jy Sal Weet (2016)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found