Refentse

Refentse - Baby wat eet ons vanaand? lyrics

Your rating:
Ek wonder hoeveel keer het ek jou tas gedra
Ek wonder hoeveel keer was daardie las te swaar
Ek wonder hoeveel dae het ek gewens jy was daar
Ek wonder oor ons dae en of ek jou op my hande kan dra
Ek wonder oor die skare wanneer die storms bedaar
Ek wonder oor die skuld en die tannie van die bank wat pla

Maar ek onthou nog daardie boekie met ons lawwe liefdesbriefies
In die wintermaand as die son hier wil staan en my hart verlang na jou
Wanneer tyd vergaan bly my liefde staan en kyk dis klaar weer sekelmaan
Was dit nie te laat het ek jou gevra: Baby, wat eet ons vanaand?

Ek wonder in hoeveel tale sou ek vir jou kon vra
Of sommer in gebare sal my hande die boodskap dra
Ek wonder hoeveel liefde dit wil ek vir jou nog vra
Ek wonder oor jou woorde die wat my hart laat stop

Maar ek onthou nog daardie boekie met ons lawwe liefdesbriefies
In die wintermaand as die son hier wil staan en my hart verlang na jou
Wanneer tyd vergaan bly my liefde staan en kyk dis klaar weer sekelmaan
Was dit nie te laat het ek jou gevra: Baby, wat eet ons vanaand?

Ek wonder waar's sy nou en of ek steeds van haar hou
Was dit toe Piet of Jacques of die Engelsman Brandon wie sy smaak
Wie ookal ek is so ook was beslis 'n romantikus
Ontvang sy 'n puk op elke wang elke oggend of selfs 'n "Baby ek gaan jou mis"?

Maar ek onthou nog daardie boekie met ons lawwe liefdesbriefies
In die wintermaand as die son hier wil staan en my hart verlang na haar
Want wanneer tyd vergaan bly my liefde staan en kyk dis klaar weer sekelmaan
Was dit nie te laat of was dit nie te laat

Ek onthou nog daardie boekie met ons lawwe liefdesbriefies
In die wintermaand as die son hier wil staan en my hart verlang na jou
Wanneer tyd vergaan bly my liefde staan en kyk dis klaar weer sekelmaan
Was dit nie te laat het ek jou gevra: Baby, wat eet ons vanaand?
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Select Musiek

Details:

Released in: 2016

Language: Afrikaans

Appearing on: My hart bly in ´n taal (2016)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found