Nianell
Nianell - Magaliesburgse Aandlied (Live) lyrics
Your rating:
Behoed my as ek my gaan neerlê Grote God, wat altyd waak O, beskerm my deur U almag As die kwade my genaak Neem my ouers en my vriende In bewaring hierdie nag Môre dank ons U vir goedheid Gawe van 'n nuwe dag Die nag word stil hier rondom my, maar ek lê en staar na niks Sand wat val deur die uurglas en ek Gedagtes wieg op 'n droomskip se dek Vreedsaam word jy een Nes die see met die reën Maak toe jou oë en gaan op reis na 'n plek waar ek vir jou liefde sal wys Vrygemaak van die nag se klou Wieg met 'n glimlag in 'n wolk se vou Onbepaald is die lyn Tussen vrede en onrus so klein Met 'n glimlag in die oë voel ek die liefde soos beloof Klaasvakie se greep het saggies laat gaan Ek's weer alleen in die mense bestaan Wanneer die aand weer kom Verwerk die droom die dag se son Wanneer die aand weer kom Verwerk die droom die dag se son O, vergeef my al my sondes Dan lê ek my pyn neer Dood of hel sal ek nie vrees nie Want U is my rotssteen, Heer