moniQue
Nicholis Louw & Elizma Theron & 4 Werke & Ray Dylan & moniQue - Jy slaan die wind in my seile lyrics
Your rating:
Wat sou ek sonder jou doen? Daar's towerkrag in jou oggendsoen Die hitte van jou liggaam teen my lyf Jou deurmekaar geslaapte praat Vir ewig wil ek so wakker raak Die dag is lank maar vir nou is jy by my Bly hier in die oomblik, jy is ongelooflik Jy ken elke bui van my tog het jy hier gebly My hart is in jou hande, daar's geen sterker bande 'n Oomblik soos nou bly 'n leeftyd in my Jy, jy slaan die wind, die wind in my seile teen alle getye En jy, jy is my rigting, die antwoord vir my En jy's nog mooier as môre vir my Want die wind in my seile is jy Ek wonder soms hoe ek dit doen Maar ek kan nie kla as jy my soen Kan 'n ewigheid lê teen jou lyf Jou oggend bepaal jou hele dag en ek dink aan jou tot vannag Ek verlang na jou arms om my lyf Bly hier in die oomblik, jy is ongelooflik Jy ken elke bui van my tog het jy hier gebly My hart is in jou hande Daar's geen sterker bande 'n Oomblik soos nou bly 'n leeftyd in my Jy, jy slaan die wind, die wind in my seile teen alle getye En jy, jy is my rigting, die antwoord vir my En jy's nog mooier as môre vir my Want die wind in my seile is jy Ooo, ja dis die klein dinge, ja die klein dinge wat saak maak, wat saak maak En jy maak liefdeskringe, ja liefdeskringe om my hart met elke sonsak vanaand Jy, jy slaan die wind, die wind in my seile teen alle getye En jy, jy is my rigting, die antwoord vir my En jy's nog mooier as môre vir my Want die wind in my seile is jy