Lianie May

Lianie May & Jay (ZA) - Bonnie en Clyde lyrics

Your rating:
Ons was rasend, ons was jonk, 
ons was omgeslaan, ons was lus vir alles nuut, 
ons was altyd saam, kiepie-mielies in die fliek, 
dik gevry in die agterste ry

En die troue was te duur, die honeymoon te kort,
nou's die kinders op die agter-seat van ons ou Ford,
en hoe vlieg die tyd verby? En waar los dit vir ek en jy?

Koor:
Ek lief jou maar jy gooi my weg
My lief jy weet jy maak nie reg
Dit voel al wat ons doen is veg
Ek wens jy kan my net vashou
En jy sê jy sal 'n bank beroof
en so vir my jou hart beloof
Ek wens dat ons net weer kan wees
soos Bonnie en Clyde, soos Jekyll en Hyde,
soos Romeo en Juliet, kom wys vir my hoe lief jy my het

Ek onthou toe jy wil loop, ek onthou dit goed,
maar vir my het jy belowe, deur die sweet en bloed,
dat as alles om ons val, dat ek en jy onsself sal bly

Ek sal bid vir bietjie hoop, ek sal als probeer,
ek sal saam met jou wil loop tot die aarde skeur,
ek sal vassteek in jou kop en swem, al is dit stroom-op

Koor:
Ek lief jou maar jy gooi my weg
My lief jy weet jy maak nie reg
Dit voel al wat ons doen is veg
Ek wens jy kan my net vashou
En jy sê jy sal 'n bank beroof
en so vir my jou hart beloof
ek wens dat ons net weer kan wees
soos Bonnie en Clyde, soos Jekyll en Hyde,
soos Romeo en Juliet, kom wys vir my hoe lief jy my het

Ruk jou bietjie reg, ek is werd om voor te veg,
ek wil weer so voel, kom maak my joune
Hoe kan ek vergeet, al die jare, al die sweet
Dis nie iets om weg te gee

Koor:
Ek lief jou maar jy gooi my weg
My lief jy weet jy maak nie reg
Dit voel al wat ons doen is veg
Ek wens jy kan my net vashou
En jy sê jy sal 'n bank beroof
en so vir my jou hart beloof
Ek wens dat ons net weer kan wees
soos Bonnie en Clyde, soos Jekyll en Hyde,
soos Romeo en Juliet, kom wys vir my hoe lief jy my het

Kom wys vir my hoe lief jy my het
Kom wys vir my hoe lief jy my het
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Johan Vorster

Composer: Johan Vorster

Publisher: Johan Vorster Songs

Details:

Released in: 2012

Language: Afrikaans

Appearing on: Naweeklyfie (2014)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found