Kupido

Kupido - Was Ek Maar 'n Digter lyrics

Your rating:
Was ek maar 'n digter, sou ek dalk kon beskryf.
Wat jy aan my doen en hoe ek oor jou voel.
In gewone taal mag dit klink, asof ek oordryf
As ek probeer hoop ek jy sal verstaan wat ek bedoel.

Ek sal jou lief hê tot die hane ophou kraai.
Tot die leeu en die lam bymekaar gaan lê.
Tot daar stilte oor die aarde kom en die wind nie langer waai.
Tot daar gras aan die hemelruim groei sal ek jou lief hê.

Totdat al die woorde van my tong verdwyn.
Tot die hoop beskaam en die son nie meer wil skyn.
Tot die berge wegsink in die see en vir ewig daar bly lê.
Dis hoe lank my liefling ek jou sal lief hê.

Dis jy wat my in gedagtes kan wegvoer.
Na die maan en die sterre wat deur my venster loer.
Jy's die warm van 'n kaggelvuur, die sprank van vonkelwyn.
En die son wat die mis plaas soggens laat verdwyn.

Ek is net 'n mens en my swakheid lê by jou.
Hart en siel gee ek, daar is niks wat ek weer hou.
Net voor die woorde opraak, is daar iets wat ek nog moet sê.
Vir ewig liefling sal ek jou liefhê.

Tot die berge wegsink in die see en vir ewig daar bly lê.
Dis hoe lank my liefling ek jou sal lief hê.
Dis hoe lank my liefling ek jou sal lief hê.
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Language: Afrikaans

Appearing on: U Regte Weë

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found