Kristen Raath

Willem Botha & Kristen Raath - Ek reik na die sterre lyrics

Your rating:

About this lyric:

From the musical "Reik na die sterre", 2014.
http://www.reiknadiesterre.co.za/
https://twitter.com/RNDS_Musical

Ek sien `n ster, dit is so ver,
nooit sal ek ooit daaraan kan raak nie.
Dit is so hoog, die hemelse bo,
ek sal dit nooit tot daar kan maak nie.

Ek moet probeer,
nog net een keer,
dan sal ek eers vir seker weet
of ek tot hoog daarbo kan kom.

En dan verby tot by die son,
waar ek elke dag
tot laat in die nag
vir liefde wag.

Ek reik na die sterre,
niks is ooit vir my te ver nie.
Liefde in my lewe,
laat my ook op vlerke swewe.

Iets om na te strewe,
want dit is my hele lewe.
Ek wil aan jou vertel,
maar ek dink tog jy weet dit wel.
Jy is my lewe.

`n Arend se vlug, hoog in die lug,
niemand kom by waar hy gaan sit nie.
Hy is nie bang nie, niks kan hom vang nie,
niks kan tog beter as dit wees nie.

Nou dat ek weet, sal ek nooit vergeet,
dat ek moet lewe en laat leef.
Dat liefde nooit weer sal vergaan,
dat dit vir ewig sal bestaan.
Dat dit van my `n deel sal kan bly,
my hele lewe.

Ek reik na die sterre,
niks is ooit vir my te ver nie.
Liefde in my lewe,
laat my hoog op vlerke swewe.

Iets om na te strewe,
want dit is my hele lewe.
Ek wil aan jou vertel,
maar ek dink tog jy weet dit wel.
Jy is my lewe.

Ek reik na die sterre,
niks is ooit vir my te ver nie.
Liefde in my lewe,
laat my hoog op vlerke swewe.

Iets om na te strewe,
want dit is my hele lewe.
Ek wil aan jou vertel,
maar ek dink tog jy weet dit wel.
Jy is my lewe.
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Released in: 2014

Language: Afrikaans

Cover from: Bles Bridges - Reik na die sterre (1987)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found