Koos Kombuis

Koos Kombuis - Lady Van Die Bo Dorp lyrics

Your rating:
Ek kuier in jou voorhuis tussen mikrogolwe se gesuis

Jou pa rook pyp, jou ma is kuis and each status symbol's in it's place

Julle kennis en kultuur, die wys in elke meubelstuk se prys

Jou broer studeer nou in Parys, jou ouma maak groentesop en vleis

Die bediende is 'n mental case in die nuut her-ontwerpte hout kombuis

Ek het jou op Koelbaai ontmoet met "Frankie goes to Hollywood'

Met ons eerste soen was ek vol moed, al was my klere vol stof en roet

Van Langstraat, Hillbrow en Goodwood, daar was olie vlekke op my hoed

En my hande was vreemd en benoud op jou sagte lyf, jou asem soet

Jou aksent en jou mooimaak goed, teen al die ander was jy tog te cute

Koortjie:

Jy's my Lady van die Bodorp, jy verstaan

My Lady van die Bodorp na wie ek snags kan gaan

Jy's my quality en class, jy maak liefde sonder om te raas

Ek maak nooit weer 'n ander pass

Toe het ek julle buurt leer ken, almal was mal of into Zen

Ge-patchde T-Shirts, jeans, Hang-Ten, in elke sweater sak 'n blink vulpen

Almal smile so vriendelik en vra my wie's nou sonder pen

Nou's ek nimmer meer alleen, want ek weet ek het jou hart gewen



Hulle ken van Classics en Jacques Brel, hulle weet hoe om Bordeaux te spel

Hulle lees boeke soos "Een vir Azazel', en gesels oor SAR se private hell

Hulle is vriendelik as jy hulle bel om jou al die nuutstes te vertel

Van so en so se "kiss, don't tell', jou paspoort is jou ryk, wit vel

Selfs die proffessore is jou pêl, dis so anders as in Brackenfell

Koortjie

Daar is baie ander net soos jy, wat met hulle Japanese tape-decks ry

Wat partytjies hou en warm vry op champagne breakfasts en Cabernet

En almal gaan ryk erf soos jy, elkeen dra tekkies en 'n oorhang trui

Hulle gesprekke gaan oor fuifery, wind surfers, sauna's en perdry

Hulle doen kursusse in pottebakkery, en ken die werk van Claude Monet

My Lady van die Bodorp, dit promise ek vir jou,

Solank jy straight bly, sal ek altyd van jou hou

My liefde sal jy nooit berou, ek sou al gewaai het as ek wou

Maar ek is moeg van swart en blou, ek kom nog onlangs uit die kou

Met jassakke wat toppers binne hou, hoe kan ek weggaan, selfs al sou so iets gebeur?

Laters of nou, wie anders kan ek in my hart vashou?

Koortjie
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Language: Afrikaans

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found