Karen Wessels

Karen Wessels - My Land lyrics

Your rating:
Ek lees nie meer die koerant nie,
kyk nie vir Riaan op die nuus nie.
Want ek word bang, ek word so bang
vir my land.

Ek loop nie meer in die park nie,
ry in die aande nie te laat nie.
Want ek is bang, ek is so bang
vir my land.

Nooit hoef jou kinders,
trou is te vra,
wat beteken jou vlag dan,
Suid-Afrika?

Moeder aarde, sy weet so goed
hierdie Afrika-grond
sluk ons bloed.
Want ons is kwaad, ons is kwaad
vir ons land.

Wanneer hou die onsinnigheid op?
Ek probeer die mooi raaksien
met 'n geweer teen my kop.
Want ek voel siek, ek voel so siek
oor my land.

Nooit hoef jou kinders,
trou is te vra,
wat beteken jou vlag dan,
Suid-Afrika?

Uit die blou van onse hemel,
uit die diepte van ons see,
oor ons ewige gebergtes,
waar die kranse antwoord gee.
Deur ons ver-verlate vlaktes,
met die kreun van ossewa,
ruis die stem van ons geliefde,
van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
ons sal offer wat jy vra.
Ons sal lewe, ons sal sterwe.
Ons vir jou, Suid-Afrika!

Maar as die Afrika-son op my skyn
wil ek nie weggaan nie,	
en die vrees verdwyn.
Want ek is lief,
ek is so lief
vir my land.
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: RPM

Details:

Released in: 2007

Language: Afrikaans

Appearing on: Hoe Durf Jy?

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found