Juanita du Plessis

Juanita du Plessis - Net 'n mens lyrics

Your rating:
As die donker om my vou
En die nag se kloue my vashou
As die verlange deur my boor
Met die koue besef ek het jou verloor
Mag ek dan stilraak
My siel se vensters oopmaak
Myself net toelaat
Om te weet ek is net ’n mens

Ek gooi vanaand my traan teen die maan
Wie sal die pyn in my verstaan
Waar sal my hart weer troos kan vind
Want jou weggaan laat my huil soos ’n kind

Die vrees oorrompel my
Hier waar ek alleen agterbly
Waar die bangwees om my vou
Oor dit wat was en wat die toekoms hou
Ek hoor nog steeds jou naam
En ek weet nie hoe om aan te gaan
Waar my hart in stukke lê
Onthou ek, ek is net ’n mens

Ek gooi vanaand my traan teen die maan
Wie sal die pyn in my verstaan
Waar sal my hart weer troos kan vind
Want jou weggaan laat my huil soos ’n kind

Waar sal my hart weer troos kan vind
Want jou weggaan laat my huil soos ’n kind
Want jou weggaan laat my huil soos ’n kind
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Juanita Records / WOW Music Distribution

Details:

Released in: 2015

Language: Afrikaans

Appearing on: Toe staan die wêreld stil (2015)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found