Juanita du Plessis

Juanita du Plessis - Daar lyrics

Your rating:
Jy hoor my nie, as ek fluister
Jy kry my nie, ons paaie duister
My hart was nog altyd 'n kluis vol geheime in die nag
Wat niemand hoor nie

Lê my siel verskuil, agter bome
Of tussen die lyne, van leë akkoorde
Jy soek my dalk op 'n plek waar ek nooit sal wees nie
Maar as jy net luister
As jou hart net luister

[Koor]:
In die sout van my trane van seerkry wat rol oor my wange
Sal jy my kry
In die holte wat leeglê daar tussen jou arms
Daar sal jy my kry
In die woorde wat my sal aanvaar net soos ek is
Daar sal jy my kry
In die stilte wat hang om ons wat alles vertel oor ons
Daar sal jy my kry
Daar sal jy my kry

Ek sê soms wat ek nie bedoel nie
Jy verstaan my nie, ek weet nie hoekom nie
Jou antwoord lê ontbloot voor jou oë sonder woorde
Maar jy soek my nie
Jy soek nie genoeg nie

[Koor]:
In die sout van my trane van seerkry wat rol oor my wange
Sal jy my kry
In die holte wat leeglê daar tussen jou arms
Daar sal jy my kry
In die woorde wat my sal aanvaar net soos ek is
Daar sal jy my kry
In die stilte wat hang om ons wat alles vertel oor ons
Daar sal jy my kry
Daar sal jy my kry

Jy dink jy ken my, dink jy's naby
Maar tog is jy ver van my
Kyk net verby my oë na dit wat dieper lê

[Koor]:
In die sout van my trane van seerkry wat rol oor my wange
Sal jy my kry
In die holte wat leeglê daar tussen jou arms
Daar sal jy my kry
In die woorde wat my sal aanvaar net soos ek is
Daar sal jy my kry
In die stilte wat hang om ons wat alles vertel oor ons
Daar sal jy my kry
Daar sal jy my kry

Ek weet dis jy
Ek weet dis jy
Wat my sal kry
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Maroela Musiek

Details:

Released in: 2005

Language: Afrikaans

Appearing on: 10 Jaar Platinum Treffers (CD1/2) (2008) , Bly by my (2005)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found