Jannie du Toit

Jannie du Toit - Vlieg Hoog lyrics

Your rating:
Klim in 'n vliegtuig- die volgende vlug
want die wèreld wink
sien jy die vreemde se lokkende lig in die verte blink?

    Sprei uit vlieg hoog glo jy het vlerke
    die hemelboog word jou enigste perke
    Hoog in die lug sal jy verder kan sien
    niks kan jou keer nie jy sal kry wat jy soek en baie meer
                             / reik altyd hoër
                             / dis wat jy moet doen
Klim in  'n vliegtuig en ontdek die wèreld
vlieg baie hoog en kyk af naar jouself !
vanaf die pieke van die hoogste berge
sal jy bepaald elke bestemming kan haal
vlieg maar net hoog
     Delf in die diepte-die volgende skof
     jy moet skagte sink
     hoor jy die aarde se rykste geheime daar onder klink ?
                             Delf diep -breek oop jou ideale
                             bly soek bly hoop op ryk minerale
                                           Ver onder grond lè die goud altyd weer
                                           niks kan jou keer nie
                                           daar is duisend karaat en baie meer
                             / Delf altyd dieper 
                             / dis wat jy moet doen
Klim in 'n vliegtuig en ontdek die wèreld
delf maar net diep en jy ontgin jouself
vind in die kleinste kern iets van waarde
dan sal jy glo alles word bepaal van Bo af
delf maar net diep
                             Eendag sal ons weet
                             wat nou nog 'n geheim bly
                             nou is dit vaag
                             en ons moet antwoord soek
                             op al ons vrae
                             /Soek na die antwoord
                             /dalk sal jy dit kry
Klim in 'n vliegtuig en ontdek die wèreld
delf maar net diep en jy ontgin jouself
soek in die kleinste kern iets van waarde
as jy dit kry
as jy dit eendag kry
                             /ondergrond of in die hoogte
Dan vlieg jy hoog
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Jannie Du Toit

Composer: Christa Steyn

Publisher: JNS Musiek

Details:

Released in: 1990

Language: Afrikaans

Appearing on: Die eggo van jou oë (2015)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found