Jannie du Toit

Jannie du Toit - Pantoffelregering lyrics

Your rating:
Napoleon was dapper en Caesar was 'n  held
maar wie sal ooit bestand kan wees
teen kernkraggeweld 
regimes het al getuimel monargieë is onttroon
maar die ergste soort diktator
sal vir altyd by ons woon
                    Pantoffelregering is 'n vreeslike regime
                   'n man is daarteen weerloos
                    soos 'n slagdier aan 'n riem
                    pantoffelregering het die hef in die hand
                    jy spartel maar jy wurg jou
                    soos 'n waghond teen sy band -
                    teen die pantoffel-
Die Hunne was barbare met Atilla aan die spits
en Tsjaka het die Zulu's tot oorwinning aangehits
maar die wreedste van die wredes
dit word algemeen aanvaar
is die woeste Amazones
wat geen man op aarde spaar nie
                    Pantoffelregering is 'n misdaad teen die mens
                    dit voer die despotisme tot verby sy verste grens
                    pantoffelregering het die hef in die hand
                    jy spartel maar jy sak gedurig
                    dieper in die dryfsand weg- 
                    pantoffel
Die Rooi Gevaar is vreeslik
en Pienk is ook maar Rooi
die Geles is te veel vir ons
die Groenes wil ons looi 
en dan is daar nog Swart en Wit
maar die groot gevaar glo ek
stap openlyk hier tussen ons -veelkeurig aangetrek
                     Pantoffelregering is 'n misdaad sonder meer
                     dis Middeleeus om mense
                     sonder 'n grondwet te regeer
                     pantoffelregering het ons oral om ons heen
                     as jy dink jy kan dit vryspring
                     staan jy stoksiel-manalleen
                     as jy dink jy gaan dit vryspring
                     word jy dalk die eerste een -
                     vir die pantoffel
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Jannie Du Toit

Composer: Christa Steyn

Publisher: JNS Musiek

Details:

Released in: 1990

Language: Afrikaans

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found