Ivan Rebroff

Ivan Rebroff - Oktobermaand lyrics

Your rating:

Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand
Dan is die dag so helder, so groen is elke aand,
so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo,

Dit is die maand Oktober! Die varkblom is in bloei;
oor al die seekoeigate is kafferskuil gegroei;
die koppies, kort gelede nog as 'n klip so kaal,
het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal;

Dit is die maand Oktober! Die akkerboom is groen;
die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen;
en orals in die tuin rond ruik jy sering en roos,
jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos,

Dit is die maand Oktober! Ek dink die mense vier
vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier
Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?

Wat gee ek om die winter? Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand,
Met elke dag so helder, so pragtig elke aand
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: C. Louis Leipoldt

Composer: Bernhard Pompecki

Publisher: CBS

Details:

Released in: 1974

Language: Afrikaans

Appearing on: Vir Jou Suid-Afrika (1971)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found