Gé Korsten
Gé Korsten - Die Suidwesterlied lyrics
Your rating:
Hard soos kameeldoringhout, ja hard is ons land En droog, o so droog sy riviere Die son het die klippe en die rotse gebrand In veld en in bos skul skugter diere As iemand dan aan ons sou vra: Wat bind jou aan Suidwes? Dan antwoord ons trots: Dis ons liefde vir Suidwes! As iemand dan aan ons sou vra: Wat bind jou aan Suidwes? Dan antwoord ons trots: Dis ons liefde vir Suidwes! Tog word ons liefde met offers betaal In wel en in weë hou ons stand Want ook word ons sorge nog helder oorstraal Deur sonlig in ons vaderland As iemand dan aan ons sou vra: Wat bind jou aan Suidwes? Dan antwoord ons trots: Dis ons liefde vir Suidwes! As iemand dan aan ons sou vra: Wat bind jou aan Suidwes? Dan antwoord ons trots Dis ons liefde vir Suidwes! Kom jy dan self en leef saam in ons land So wyd en so ruim en so vry En steek dan ons son ook jou hart aan die brand Dan sal jy ook pal hier wil bly As iemand dan aan jou sou vra: Wat bind jou aan Suidwes? Dan antwoord jy trots: Dis my liefde vir Suidwes! As iemand dan aan jou sou vra: Wat bind jou aan Suidwes? Dan antwoord jy trots: Dis my liefde vir Suidwes!