Fokofpolisiekar

Fokofpolisiekar - Vir Altyd 07 November lyrics

Your rating:
al jou vriende se vir my
dat jy baie teleurgesteld sou gewees het in my
ek kan jou nie so goed soos wat ek wil
onthou nie
maar dit voel nou asof jy 
'n bietjie beter na my kyk

jy't net soveel gedrink
en ook jou hele lewe lank
probeer weg hardloop
ek weet nie hoe jy as kind was nie

jy't ook elke aand uitgegaan
ek het geweet dit gaan gebeur
ek het geweet dit gaan gebeur
al die geskree-ery 
was toe verniet gewees
ek het jou vergewe
en jy 
jy vir my

ek sien jou in meisies raak
en dan gaan soek ek jou daar
ek weet dis fokken simpel van my

soos 'n baarmoeder
dun gesmeer
oor elke wegkruip plek
en trappie van my sosiale leer

als van jou wat in my gis
gee my hoendervleis
as dit November is
dis al wat ek wil se
dis al wat ek kan se
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Die Bende

Details:

Released in: 2006

Language: Afrikaans

Appearing on: Swanesang (2006)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found