Fokofpolisiekar

Fokofpolisiekar - Paranoia lyrics

Your rating:
Ek is sonder kultuur gebore.
Ek bly toevallig in Afrika.
Ek praat toevallig Afrikaans.
Daar’s baie min mense wat my verstaan.

Ek sluip deur die strate,
Sonder rigting,
Sonder koördinate.
Sondebok,
Verslaaf aan massamedia,
Slagoffer van prestasie-angs en…

Paranoia, paranoia!
Ons bid ons bly beskut,
Terwyl die duiwel aan ons vensterrame ruk.
’n Lewe met paranoia, paranoia!
Afrika die vampier,
Beeldskone ondier.

Oorlog is kultuur,
Mens teen mens,
Mens teen natuur.
Kom ons ignoreer maar
Wat ons in die gesig staar.
Hier het ons ontstaan,
En hier sal ek vergaan.

My eie dood bekommer my nie.
Ek is nie meer bang vir die donkerte nie.
My hart klop net vinnig wanneer dit donker is.
Slagoffer van prestasie-angs en…

Paranoia, paranoia!
Ons bid ons bly beskut,
Terwyl die duiwel aan ons vensterrame ruk.
’n Lewe met paranoia, paranoia!
Afrika die vampier,
Beeldskone ondier.

Afrika,
Afrikaans,
Afrikaner,
Afrika die vampier,
Beeldskone ondier.
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Language: Afrikaans

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found