Fokofpolisiekar

Fokofpolisiekar - Lugsteuring lyrics

Your rating:
Die toeskouers se breindood glimlae raak te veel vir my 
Die pyn van verwaantheid 
martel al die murg 
by my gebeendere uit 
Vir almal wat onkundig is 
wees bly 
Gee vir my jou siel 
of ek sal hom moet steel 
Ek is seker maar net verveeld X2 
Wat moet ek doen om weer lewendig te voel? 

Ek is die haat wat jou forseer 
om jouself aan te rand 
Ek is die pyn wat wegkruip 
in als wat jy wil versteek 
Ek is die wroeging in jou waansin 
die geluk wat jy wegeet 
ek is die een wat jou wil red 
en dan martel 

Wat is fout met my? 
Kan ek n professionele diagnose kry? 

Ek wil net nie verveeld wees in 
hierdie lewenslang kleedrepitisie nie 
Is die monster wat jou jaag 
emosionele progressie? 
Is jy die enigste vyand van 
spirituele tegnologie? 
Ons oe is vervang met skerms 
en ons siele met prentjies van die see 

Daar's nog baie bier 
om te drink 
en kak om te praat 
voor ons die wereld begin regmaak 
My kop raas al vir dae 
en my fokkin oe 
bly fokkin swaar 

Daar's nog baie brein 
om te spoel 
voor die verlore gevoel 
gaan verdwyn 
so, hello toetssein 
Toetssein 
Toets my
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Rhythm Records (3)

Details:

Released in: 2004

Language: Afrikaans

Appearing on: Lugsteuring (2004)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found