Dewald Wasserfall

Karlien van Jaarsveld & Dewald Wasserfall - Hart se hongersnood (Dewald Wasserfall en Karlien van Jaarsveld) lyrics

Your rating:
Hoe keer jy wat jy voel?
Hoe sluit ‘n mens jou hart?
As als wat jy geweet het jou skielik wil verlaat
Dis hoe die liefde praat

Hoe gee mens ‘n gevoel, ‘n lewe, vir ‘n hart?
Gebruik jy al jou woorde, al kom dit soms te laat?
Dis hoe die liefde praat

Jy’s my ewig, jy’s my altyd
En oor jou het ek geen dag se verwyt
Jy’s die onbekende pad wat lei na waar ek loop
Jy’s my water, jy’s my brood
Vir my hart se hongersnood

Hoe spaar ‘n mens die seer?
Die stilte van ‘n hart?
Hoe keer jy die emosies as dit te veel wil raak?
Dis hoe die liefde praat

Jy’s my ewig, jy’s my altyd
En oor jou het ek geen dag se verwyt
Jy’s die onbekende pad wat lei na waar ek loop
Jy’s my water, jy’s my brood
Vir my hart se hongersnood

Ek sal jou vashou
Hou sonder ophou
Ek sal jou dit belowe
Oor en oor

Ek hou by my woorde
En die akkoorde wat ek speel vir jou

Jy’s my ewig, jy’s my altyd
En oor jou het ek geen dag se verwyt
Jy’s die onbekende pad wat lei na waar ek loop
Jy’s my water, jy’s my brood
Vir my hart se hongersnood
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Language: Afrikaans

Appearing on: Vergeet Wat Jy Weet Van Liefde

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found