Coffee Snobs
Coffee Snobs - Eie Land lyrics
Your rating:
Ek wil dans met my voete in die reën Ek wil luister na die donderweer Ek wil voel hoe die son oor my streel Dit maak my heel, dit maak my heel Ek wil kyk hoe die son weer opkom Ek wil ruik aan ’n blom Ek wil swem in ’n koue bergstroom Dit was my skoon, dit was my skoon Maar ek is vasgevang agter die tralies en die bang van hierdie koue stad Maar ek kies die pad in die rigting van my hart Vat my terug, vat my terug na my eie land Na my eie land Ek verlang na die kleur en die geur Van ’n nasie wat so hard probeer Om vry te kom van die verlede se wrede herinnering Ek wil deel wees van die oplossing Maar ek is vasgekeer agter die hartseer en die vrees oor generasies heen Maar ek maak my los van die kettings wat my bind Ek kom terug, ek kom terug na my eie land Na my eie land Na my eie land Na my eie land