Bobby van Jaarsveld

Bobby van Jaarsveld - Wat geld nie kan koop nie lyrics

Your rating:
As jy wonder hoe ek voel
Want ek sê dit nie genoeg nie
Soms sê ‘n man te veel
Maar nie wat hy bedoel nie
Dan kyk ek net na jou
Jy wat my regop hou
En ek sien wat jy werd is

Daar is soveel wat ek wil sê
Wat ek nie altyd wys nie
Ek hoop dat jy kan sien
Wat ek nie kan beskryf nie
Dan kyk ek in jou oë
Dis jy wat in my glo
En ek weet wat jy werd is

Koor:
Wat geld nie kan koop nie
Wat woorde nie sê nie
Wat die wêreld nie het nie
Kry ek by jou

Wat die oog nie kan sien nie
En jy nie altyd voel nie
Meer as dit alles kry ek by jou
Wat geld nie kan koop nie

Wanneer tye moeilik raak
En ek dit nie verstaan nie, is jy my regterhand
Wat my nie sal laat gaan nie
Dan kyk ek weer na jou
Jy wat my staande hou
En ek sien wat jy werd is

Koor:
Wat geld nie kan koop nie
Wat woorde nie sê nie
Wat die wêreld nie het nie
Kry ek by jou

Wat die oog nie kan sien nie
En jy nie altyd voel nie
Meer as dit alles kry ek by jou
Wat geld nie kan koop nie

Want ek gaan op my knieë elke dag
Ek sê dankie vir als wat jy is
Soveel meer as wat ek voor kon vra

(Herhaal koor)
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Coleske Artists

Details:

Released in: 2012

Language: Afrikaans

Appearing on: Wat geld nie kan koop nie (2012) , Die eerste 10 jaar (2015)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found