Appel

Appel - Lied Vir Luna lyrics

Your rating:

[Intro]

[Verse 1]
In my geestesoog sien ek,
Hoe ek en jy praat,
Oor die dinge wat jy liefhet,
En die dinge wat jy haat.
 
[Verse 2]
Jy moet weet ek sal beskerm,
Jou op my hande dra,
Hierdie is my belofte,
Aan ‘n dogter van ‘n pa.
 
[Verse 3]
Jy gaan seerkry sterker opstaan,
Jy gaan aan beweeg,
Jy sal altyd glo in liefde,
Al is jou hart soms leeg.

[Verse 4]
Volg jou drome spore,
Al moet jy soms verdwaal,
Jy’s die skrywer jy’s die woorde,
Van jou eie verhaal.

[Chorus] 
Al is jy bang moet jy weet,
Dat ek oor jou sal waak,
Net soos skaduwee,
Sal ek reg langs jou staan.
Ek sal antwoord as jy roep,
Ek sal luister na jou vra,
Luna jy moet weet,
Jy’s my kind jy’s my maat.

[Interlude]

[Verse 5]
Ek voel hoe jy my hand raak,
In jou moeder se maag,
Dis die hitte van my hande,
Wat jou glo rustig maak.

[Verse 6]
Ek sien die blomme in jou hare,
Ek sien die lente in jou oë,
Jy sal Hom ken in Sy goedheid,
En van die hemel daarbo.

[Verse 7]
Jy moet weet as jy verdwaal,
In die reën en die hael,
Is ons die huisie op die heuwel,
Met die stoep ligte aan.

[Chorus] 
Al is jy bang moet jy weet,
Dat ek oor jou sal waak,
Net soos skaduwee,
Sal ek reg langs jou staan.
Ek sal antwoord as jy roep,
Ek sal luister na jou vra,
Luna jy moet weet,
Jy’s my kind jy’s my maat.

[Outro]
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Christoph Kotze

Composer: Christoph Kotze

Publisher: ?

Details:

Released in: 2017

Language: Afrikaans

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found