Appel

Appel - Kalahari lyrics

Your rating:

[Intro] 
Een wyse ou jagter het met een aand in die noorde van di Kalahari gesê:
“Afrika het ons nie nodig nie, ons het vir Afrika nodig”.
In my avonture met my musiek, van de noorde tot die suide,
Het ek baie wyshede bekom, deur om net te luister,
Jy sien Afrika het a stem wat saggies fluister,
Jy moet net mooi luister,
Jy hoor haar in die geritsel van die wind,
Deur ‘n ou kameeldoring se takke,
En die kletter van hel bosveld vuur,
Watse vonke een word met die sterre,
En die kletsende geraas van sonbesies,
In die bosveld middag verkeer,
Sy lag saam as families onder die boom saam daar piekniek hou,
Ek hoor haar as ‘n genade boer sy knieg buig,
Om vir die Here dankie te sê,
Vir reën,
Of net nog vir ‘n dag.
Sy huil snags saam met die jakkals as die son sak,
En sy, soos ek, dink baie het van haar vergeet,
Er is daar is meer in hierdie land,
As die gejaag na die volgende fortuin,
Die onophoudelike kompetisie, 
Met die samelewing, en jou medemens,
Daar is ‘n avontuur om elke hoek en draai,
Op die val van elke horison,
Een nuwe hoofstuk,
Uniek vir jou uitgelê,
Hoor hoe roep sy,
Hoe roep sy.

[Verse 1]
Verf my hart met bus kruit uit,
My bloed die slag pen wat my siel uit spuit,
Eks gebore man van die veld,
‘n dood gewone kaal voet held,
Acacia draai in my vlees vanaand,
Soos die mense oor hul jag dae praat,
Vir nou is dit die stads gedruis,
As die winter kom is jy my huis.

[Chorus]
Kalahari, Kalahari roep my nou,
Die Here het jou met Sy hand gebou,
Ek skiet in die rooi maar vir my die blou,
Net drie tellings is my hart by jou.

[Interlude]
Hmm . . .

[Verse 2]
Askham hang op die horison,
En die son verskyn soos ‘n hemel blom,
Die man se hemel maar die vrou se hel,
Het Fanus Rautenbach mooi vertel,
Soos die jag begin het die son gaan staan,
Want dis min dat hy met die maan kan dans,
Daar is bloed getrek nie ver van daar,
Hy ‘t sand gemaak en in sand vergaan.

[Chorus]
Kalahari, Kalahari roep my nou,
Die Here het jou met Sy hand gebou,
Ek skiet in die rooi maar vir my die blou,
Net drie tellings is my hart by jou.

[Bridge]
Kalahari, Kalahari duine rooi,
God se land die mooiste mooi,
Ek sien die silhoeët van ‘n gemsbok dans,
En ‘n springbok wat op die duin gaan staan.

[Outro]
Kalahari, Kalahari roep my nou,
Kalahari, Kalahari hemel blou.
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Christoph Kotze

Composer: Christoph Kotze

Publisher: Universal Music (Pty) Ltd. [ZA]

Details:

Released in: 2019

Language: Afrikaans

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found