Antonie de Jager
Antonie de Jager - Langpad na later lyrics
Your rating:
My deurnag ry se vaak Het in die môre verlore geraak En uit die kar uit gesmelt Die kopligte taan Ek domp hul en mompel jou naam Maak dit vry oor die veld Die son kom op oor die Karoo Die swart pad flits eind’loos na voor Jou leemte verdwyn soos die vlaktes my lei Met die langpad na later verby Die sonopkoms brand Die veld silhoeët teen die rand Al langs sy ou hakkel spoor Ek kyk met die ry Hoe die telefoonlyn asem kry En wil hyg tot daar voor Die son kom op oor die Karoo En die swart pad flits eind’loos na voor Jou leemte verdwyn soos die vlaktes my lei Met die langpad na later verby Die langpad na later verby Die bergtoppe brand Word voshaar-kop reuse se land Wat hul kroes hare krap Die veld word so mooi Met hul dooie gras skilfers bestrooi Soos hul langs my kom stap Die son kom op oor die Karoo En die swart pad flits eind’loos na voor Jou leemte verdwyn soos die vlaktes my lei Met die langpad na later verby Die langpad na later verby