Amanda Strydom
Amanda Strydom - Die lied van ou Suid-Afrika lyrics
Your rating:
As jy eendag groot is, sal jy weet waarvan ek praat Eendag as jy ouer is, luister na my raad Dit lyk dalk nou onduidelik, want jy is nog 'n kind Jou hele lewe lê nog voor, jy sal die antwoord vind Van kleins af hoor ek die refrein Van tantes, ma's en pa's Van dominees wat Sondae hulle donker toga's dra Onderwysers wat sarkasties vir my sê Hoe om te dink En dosente wat soos vasgehaakte langspeelplate klink Vir lank het ek geluister, eerbiedig, soos dit moet Vir hul plesier gebokspring, gesukkel in die stoet Ek weet nie waar ek hoort nie, ek voel nog soos 'n kind My hele lewe lê nog voor, ek moet die antwoord vind Ek is al lankal veertig en word snags nog net so bang Vir die skadu's teen my venster en die krake in die gang Vir die hebsug van 'n wêreld wat belustig is met mag Vir die jagters wat op loer lê Om te moor en te verkrag En die lyke in Kwa-Zulu, Boipatong en Mitchellsplein Was tot nou die dag net kinders, sonder sorge sonder pyn En van kleins af hoor hul die refrein Van tantes, ma's en pa's Van predikers wat Sondae hulle helder togas dra Van diktators wat begeesterd vir hul sê Hoe om te dink En leiers wat soos vasgehaakte langspeelplate klink As jy eendag groot is, sal jy weet waarvan ek praat Eendag as jy ouer is, luister na my raad Dit lyk dalk nou onduidelik, want jy is nog 'n kind Jou hele lewe lê nog voor, jy sal die antwoord vind Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra Wat beteken jou vlag dan, Suid-Afrika