Text:
Soveel jare lê verlange opgesluit om te vergewe, maar wie kan alles net vergeet?
Herhinneringe dwaal verlore, uit die stof weer opgegrawe, want wie kan alles net vergeet?
Al weer die seer, ’n houvas
Keer op keer het dit beheer
Oor ’n hart wat weer wil vry wees en alles wil vergeet
Oor die gees wat opstaan, maar die vlees val weer en weer
Oor die lig wat deur die krake in ’n donker kamer heers
Oor die siel wat dans en soek ’n kans van weer probeer
Herhaalde woorde, seer verhale, dra geen vrug uit die verlede, want wie kan alles net vergeet?
Alweer die seer, ’n houvas
Keer op keer het dit beheer
Oor ’n hart wat weer wil vry wees en alles wil vergeet
Oor die gees wat opstaan, maar die vlees val weer en weer
Oor die lig wat deur die krake in ’n donker kamer heers
Oor die siel wat dans en soek ’n kans van weer probeer
Verberg die seer en lewe, dit hou geen rede, net beheer, keer op keer
Oor ’n hart wat weer wil vry wees en alles wil vergeet
Oor die gees wat opstaan, maar die vlees val weer en weer
Oor die lig wat deur die krake in ’n donker kamer heers
Oor die siel wat dans en soek ’n kans van weer probeer
Die hart wat weer wil vry wees en alles wil vergeet
Die gees wil opstaan en weer probeer, weer probeer
Laat die lig die donker kamers van jou duister hart oorheers
Die siel soek weer ’n kans om te dans, om te leef