Herman Van Veen
Nie alleen

En sy kom uit die kliniek
en is skoon
nie meer verslaaf nie.
En sy hardloop die trap op:
"Pappa, mamma,
Ek is weer tuis"

En pa knik afwezig: "Ja.
Die sokker is amper klaar."
En ma wink by die telefoon,
en haar sussie tob oor algebra.

En sy kom uit die kliniek
en is skoon
nie meer verslaaf nie.
En sy draai al die krane oop
al die vensters
"Pappa, mamma,
Ek is weer tuis"

En pa knik afwezig: "Ja.
Die wedstrijd is amper klaar."
En ma wink by die telefoon,
en haar sussie tob oor algebra.

En sy kom uit die kliniek
en is skoon
nie meer verslaaf nie. En sy hardloop die trap op dak toe,
en roep
"Pappa, mamma,
ek kan vlieg."

Copyrights

Author: Herman van Veen, C. Coetzee
Composer: Herman van Veen & Harry Sacksioni
Publisher: Harlekijn, Universal Music

More details

Published in: 2015
Language: Afrikaans
Covered from: Herman Van Veen - Niet alleen
Available on: Sprakeloos, Vir die naamlose vrou (2006)

www.muzikum.eu