Herman Van Veen
Sprakeloos

sit in die kombuis
kan nie slaap nie
monsters in my kop
vroeër vanaand op die tv gesien
'n baba in die arms
van 'n uitgeteerde vrou
haardooie oë
het die kamer ingekyk

sprakeloos

dit sneeu
'n bleek maan
Betower die nag
dis stil
kan my hart
voel klop
sit in die kombuis
wil nie slaap nie
monsters in my kop
sien op die tafel
'n foto van my kleinseun
my meisiekind hou hom vas
sy blou oë
kyk die kamer in

sprakeloos

Copyrights

Author: Herman van Veen, Herman Van Veen, Karin Hougaard
Composer: Herman van Veen
Publisher: Zangbeheer B.V.

More details

Published in: 2015
Language: Afrikaans
Available on: Sprakeloos, Vir die naamlose vrou (2006), Woorden op mijn zang (2006)

www.muzikum.eu