Erika Strydom

Erika Strydom - Die kat kom weer lyrics

Your rating:
Ou Jan Wilson had 'n kat wat die ou nie wou verlaat.
Hy't alles geprobeer om die kat daar weg te keer,
selfs na die predikant om raad van hom te kry.
Die predikant die het gesê: "Die kat moet daar bly."

Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag,
die kat kom weer net die volgende dag,
die kat kom weer, glo vir my dis waar,
die ander dag môre was die kat weer daar.

Hulle sit hom op 'n skip en hul stuur hom na Ceylon.
Die skip die was gelaai met 'n twaalfduisend ton.
Nie ver nie van die land daar het die skip gesink,
en al die matrose op die skip het verdrink.

Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag,
die kat kom weer net die volgende dag,
die kat kom weer, glo vir my dis waar,
die ander dag môre was die kat weer daar.

Die boer die sweer toe blou: Ja, hy sou die kat doodskiet.
Hy laai toe sy ou sanna met kruit en dinamiet.
Hy lê die kat toe voor, die pad wat hy sou kom
die ander dag môre lê daar net vel en been.

Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag,
die kat kom weer net die volgende dag,
die kat kom weer, glo vir my dis waar,
die ander dag môre was die kat weer daar.

Die kat sit op die stoep en hy eet 'n stukkie kaas,
daar kom 'n Skotsman aan, hy maak 'n groot geraas.
Die katjie kyk verwonder, veeg hom met sy poot,
die Skot speel "Britannia", die kat skrik hom dood.

Maar sy gees kom weer, want hy wil nie langer wag,
sy gees kom weer net die volgende dag,
sy gees kom weer, glo vir my dis waar,
die ander dag môre was sy gees weer daar.
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Language: Afrikaans

Covered by: Randall Wicomb (2004)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found