Johannes Kerkorrel

Johannes Kerkorrel - Hillbrow lyrics

Your rating:
Ou man sit by die straatkafees
en kyk al die mense loop heen-en-weer
boemelaars raas by die Wimpy Bar
en Fontana is oop tot laat in die aand
kaalvoet kinders in die straat
wys parkeerplek aan
en hou dan die hand, en hou dan die hand
en hou oop die hand, ja

En gee, gee, gee, gee, gee, gee
jou sente, jou drome, jou klere vol gate,
gee jou hart vir Hillbrow
ja, gee jou hart vir Hillbrow

In Quartz Straat hoor ek ‘n meisie my roep
daar’s ‘n Hare Krishna wat vra wat ek soek
en ken ek vir Jesus? Vra ‘n man op die stoep,
tussen Hillbrow Records en Estoril Books
en dis lank na twaalfuur,
en die Hillbrow toring stuur
sy sein in die nag, sy sein in die nag,
sy sein vir die junkies wat wag, o

En gee, gee, gee, gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate,
gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel,
en stemme en musiek klink in elke woonstel
ons sit in die son, drink wyn
ons survive met ‘n helse lot pyn in hierdie land, ja
kom ons drink op die een wat sy drome oorleef,
op die een wat kry wat hy vra, ja

En gee, gee, gee, gee, gee, gee
jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate,
gee jou hart vir Hillbrow
ja, gee jou hart vir Hillbrow,
komaan, gee jou hart vir Hillbrow
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Johannes Kerkorrel

Composer: ?

Publisher: Gallo Record Company

Details:

Released in: 1990

Language: Afrikaans

Covered by: Theuns Jordaan (2005) , Tasché Burger (2019)

Translations: Dutch

Appearing on: Eet Kreef! (1989)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found