Johannes Kerkorrel

Johannes Kerkorrel
Hoe ek voel

As ek jou kon vertel
As ek jou net kon laat sien
Sou ek 'n skilder opdrag gee
Om 'n prent vir jou te verf
En as hy eindelik klaarmaak
As hy sy meesterstuk voltooi
Sou jy weet, jy sou weet
As jy teen die tyd nog vergeet
Hoe ek voel, hoe ek voel oor jou

As ek jou net kon laat sien
As ek jou net kon laat lees
Sou ek 'n faksmasjien gaan huur
En gedigte vir jou stuur
En as jy anderkant dit kry
As jy dit uithaal en jy kyk
Sou jy weet, jy sou weet
As jy teen die tyd nog vergeet
Hoe ek voel, hoe ek voel oor jou

As ek jou net kon laat lees
As ek jou net kon laat hoor
Sou ek 'n koor na jou toe stuur
'n Serenade in die laatnaguur
En as jy wakker word een aand
En jou vensters staan wyd oop
Sou jy weet, jy sou weet
As jy teen die tijd nog vergeet
Hoe ek voel, hoe ek voel oor jou

Jy sou weet
Jy sou dit weet
Jy sou dit weet
Jy sou weet

Musikuss

Submitted by Musikuss at Fri 05 Sep, 2014 10:41 pm

Author: Johannes Kerkorrel
Composer: Didi Kriel, Johannes Kerkorrel
Publisher: Tusk Music Co. (Pty) Ltd.
Published in: 1992
Language: Afrikaans
Available on: Bloudruk (1992)
Covered by: Amanda Strydom (2007), Michelle van Staden (2009)

Reactions

CommonCrawl [Bot]

Follow Muzikum