Ek het ’n vriendin ver oor die blou see teen die hang van Tafelberg
As die son sak speel sy die mooiste melodieë
Ja, die hele wêreld word stil, en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se klavier
Ek staan op haar balkon, en ek drink haar appelkoostee
Ek kyk na Kaapstad in die nag, die liggies en die swart, swart see
Ja, die hele wêreld word stil, en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil, en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se klavier
Submitted by Musikuss at Tue 20 Aug, 2019 9:33 pm