Christia Visser

Christia Visser
Kaal voor jou

Voel hoe jou woorde aan my raak
Lag en niks anders maak meer saak
Jy is, jy is, jy is
Vertel weer die storie wat ons nooit wou glo nie
Jy is, jy is, jy is

Nou staan ek kaal voor jou
Kaal sal jy my so onthou
Deursigtig, niks word weerhou
Hier staan ek kaal voor jou

Sien hoe ek in jou blou verdwaal
Ek sal brand vir jou, ek sal
Jy is, jy is, jy is
Die diepte, die donker, dis deel van die wonder
Jy is, jy is, jy is

Nou staan ek kaal voor jou
Kaal sal jy my so onthou
Deursigtig, niks word weerhou
Hier staan ek kaal voor jou

My mure val
Ek weet jy sal
Jy gee my alles wat jy het
Jy's aan my kant
Jy's vuurbestand
Ek gee jou alles wat ek het

Nou staan ek kaal voor jou
Kaal sal jy my so onthou
Deursigtig, niks word weerhou
Hier staan ek kaal voor jou

Musikuss

Submitted by Musikuss at Fri 19 Jun, 2020 5:29 am

Author: ?
Composer: ?
Publisher: ?
Published in: 2020
Language: Afrikaans
Available on: Kaal voor jou (2020)
Covered by: Tizel (2020)

Reactions

CommonCrawl [Bot]

Follow Muzikum