Sunel

Sunel - Hart op jou mou lyrics

Your rating:
Ek, ek is net ’n mens
Soms maak ek ook foute
Partykeer raak ek te veel vir jou

En soms verstaan ek nie myself nie
Ek weet nie wat ek doen nie
Maar die liefde loop snaakse draaie met jou

Hoe sal ek ooit dit kan besef
Dat ek als het wat ek wil hê in jou
Jy dra my hart op jou mou

En die wêreld kan vergaan
Jy is die rede van my bestaan
Onthou, jy dra my hart op jou mou

Jy ken elke deel van my
Jy ken my geraamtes
Al die donker geheime wat saam met my bly

Ek weet, die liefde bly geduldig
En ek sal vir ewig wag vir jou
Tot die einde van tyd net vir jou

Hoe sal ek ooit dit kan besef
Dat ek als het wat ek wil hê in jou
Jy dra my hart op jou mou

En die wêreld kan vergaan
Jy is die rede van my bestaan
Onthou, jy dra my hart op jou mou

En as ek in jou oë kyk verdwyn die lyne wat skei
Skielik maak dit sin
Jy is my nuwe begin

Jy is die antwoord op my vrae
Ek weet nou drome word waar
Ek het my sielsgenoot gekry
Die beter helfte van my

Ek, ek is net ’n mens
’n Mens wat jy liefhet
Met alles hier binne my

En ek, ek het verseker 
Die beste fout van my lewe
Is niemand anders behalwe jy
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Language: Afrikaans

Appearing on: Hart op jou mou (2018)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found